Jou Nuwe Topgehalte Besigheidskaartjies.

Jy het 'n verkoopsman nodig in elke besigheidskaartjie wat vir die kliƫnt skreeu:

"HAAI JY, HIER IS EK, TEL MY OP EN MAAK KONTAK MET MY BAAS"

Soos in enige mededingende besigheid is die hoofdoel van jou bemarkingstrategie om EERS aandag te trek en daarna inligting te verskaf.

'n Goed ontwerpte, professionele besigheidskaartjie wat mooi vertoon, sal altyd opgetel, onthou word en uitstaan tussen ander kaartjies.

Ons voorsien jou van 'n topgehalte besigheidskaartjie, wat in alle omstandighede sal aandag trek en ook 'n effektiewe bemarkingsinstrument vir jou besigheid sal wees, steeds teen 'n beskostigbare prys.

Hoeveelhede en Pryse

Die mees populere aanvraag vir kaartjies is gewoonlik in hoeveelhede van 500 en 1000 identiese kaartjies, volkleur voor en swart en wit agterop, met 'n dubbel laag UV Vernis voorop.
Pryse is as volg:

* Vir die ontwerpkoste: R90.00 alles ingesluit.

Vernis of "Matt"
* Druk van 500 identiese kaartjies - R349.00 Btw ingesluit.
* Druk van 1000 identiese kaartjies - R449.00 Btw ingesluit.

Volkleur albei kante
* Druk van 500 identiese kaartjies - R499.00 Btw ingesluit.

Aflewering is nie by bogenoemde koste ingesluit nie.

Ons voorsien ook kaartjies wat op ander kaart materiaal gedruk word en wat ook nie vernis word nie. Pryse word op aanvraag voorsien.

Dan maak ons ook voorsiening vir groter bestellings waar 'n besigheid vir al die staf kaartjies wil laat druk.

Hierdie bestellings werk as volg:

* 250 identiese kaartjies per persoon - minimum 3000 kaartjies teen R2799.00
* 500 identiese kaartjies per persoon - minimum 3000 kaartjies teen R1969.00

Professionele Grafiese Ontwerp.

Jou kaartjies word ontwerp deur 'n grafiese kunstenaar. 'n Besigheidskaartjie sal vir jou ontwerp word wat op jou insette gebaseer is. Ons druk nie jou besigheidskaartjie voordat jy nie 100% tevrede is met die proef nie.

Indien jy self jou besigheidskaartjies wil ontwerp, moet dit net as volg aan ons voorsien word:
In prepress .pdf formaat, sonder enige copy restrictions. In .jpg of enige ander bitmap formaat, 300 dpi. Totale afmetings 94 x 54 mm. Dit sluit 'n 2mm bleed in en alle informasie moet 5mm van die kant van die kaartjie af wees. Indien dit alles korrek is en ons dit net so kan plaas vir druk, sal ons nie ontwerpkostes verhaal nie.

Offset / Litho Drukwerk

Jou kaartjies word op 'n 4 kleur offset press met 'n  150 lpi screen, volkleur voorop en swart en wit agterop gedruk. Hierdie is dieselfde proses wat gebruik word om kwaliteit tydskrifte en publikasies te druk. Ons maak nie gebruik van digitale druk van kaartjies nie, aangesien die kwaliteit swak is.

Swaar kaartpapier en professionele afronding.

Ons 300 gsm kaartjie papier is dik en stewig. Die kaartjies word ook super UV vernis vir ekstra glans en stewigheid. Die UV laag beskerm nie net nie, maar bring die kleure  uit en verhoog die voorkoms van die kaartjie. 

Druktyd en aflewering

Normaalweg word kaartjies twee keer 'n week gedruk, op Woensdae en oor 'n naweek, verkieslik Saterdag. Dit los genoeg tyd vir die kaartjies om behoorlik droog te word, voordat dit vernis word. Die kaartjies word dan 'n dag later 'n dubbellaag vernis en weer oornag gelos om behoorlik droog te word, voordat dit gesny en verpak word. Die kaartjies is gewoonlik Dinsdae en Donderdae reg vir aflewering.

In Gauteng, lewer ons so gou as moontlik af, terwyl die ander bestellings dadelik deur Speed Services koerier word. Dit kan dan van Woensdag tot Saterdag of somtyds Maandagoggend by jou naaste poskantoor toonbank afgehaal word.

Hoekom iets agterop 'n besigheidskaartjie druk. Lees hier...

E-pos ons by:  tommeintjes@mweb.co.za
Bel ons op: 082 349 2943
Faks: 0866 975 081
Besoek ons by 10 Summer Place, cnr Topaz and Veronica, Kloofendal, Roodepoort